Maatjies hoe voel die weer gedurende herfs? Dit is koud, maar nie so koud soos in die winter nie. As dit somer is het ons mos gesê dat ons in die somer kortmou klere en kortbroeke dra reg? So wat dink julle gaan ons dan dra as dit nie meer so warm is nie? Ja dit is reg ons gaan langer klere aantrek soos ‘n langmou hemp en ‘n langbroek. As ons na die nattuur kyk en na die blare wat julle op getel het wat dink julle het gebeur? Weet julle nie. Wat se kleur was die bome se blare in die somer? Groen? Ja dis reg. Nou watse kleur is die blare wat julle opgetel het? Bruin, rooi oranje en geel. So wat kan ons sê het gebeur? Ja die blare se kleur het verander dit is reg. Wat nog? Kon julle in die Somer sommer net blare van die grond af optel? Nie? Hoekom nie? O was dit te hoog? So wat het dan nog verander as julle nou die blare kon optel? Ja, dis reg die blare val van die bome af. Julle is sommer slim kindertjies. Maatjies het julle gesien dat party van die plantjies lyk of hulle dood gegaan h