Lesplan verloop

Maatjies hoe voel die weer gedurende herfs? Dit is koud, maar nie so koud soos in die winter nie. As dit somer is het ons mos gesê dat ons in die somer kortmou klere en kortbroeke dra reg? So wat dink julle gaan ons dan dra as dit nie meer so warm is nie? Ja dit is reg ons gaan langer klere aantrek soos ‘n langmou hemp en ‘n langbroek. As ons na die nattuur kyk en na die blare wat julle op getel het wat dink julle het gebeur? Weet julle nie. Wat se kleur was die bome se blare in die somer? Groen? Ja dis reg. Nou watse kleur is die blare wat julle opgetel het? Bruin, rooi oranje en geel. So wat kan ons sê het gebeur? Ja die blare se kleur het verander dit is reg. Wat nog? Kon julle in die Somer sommer net blare van die grond af optel? Nie? Hoekom nie? O was dit te hoog? So wat het dan nog verander as julle nou die blare kon optel? Ja, dis reg die blare val van die bome af. Julle is sommer slim kindertjies. Maatjies het julle gesien dat party van die plantjies lyk of hulle dood gegaan het? Wel dit is ook iets wat begin gebeur in Herfs. Party plantjies vrek van die koue in die nag. Hoekom sê Juffrou die plant het gevrek en nie doodgegaan nie? ‘n Mens sê dat plante en diere vrek en mense doodgaan. Gepraat van diere wat dink julle doen die diere? Ja die diere soos slange, skerpioene en akkedisse soek ‘n warm plekkie om te slaap. So julle moet versigtig wees om julle vensters sonder gaas oop te los die tyd van die jaar. Nou nou kry julle ‘n nuwe kamermaatjie. Julle moet ook nie klippe en houtstompe optel nie. Daar kan dalk ‘n slang of skerpioen of ander giftige goggas onder dit lê. Is dit reg? Kom Juffrou vertel vir julle iets baie interessants vandag hoe weet mens as ‘n skerpioen giftig is? Hulle knypers (die voorste “pootjies” waarmee hulle diertjies vasvang is dunner en kleiner as hulle stert. So dit maak dat wanneer hulle stert waar die angel sit (waarmee hulle steek) dikker en groter is as hulle knypers, is die skerpioen giftig. As die knypers groter is vang hulle die gogga wat hulle wil eet daarmee en het hulle nie soveel gif om hulle dood te steek nie. So dit maak dat die skerpioene minder giftig of glad nie giftig is nie. Wat is warm goed wat mens kan drink in die herfstyd. Wat drink julle in die oggend? Koffie? Ja, is daar dalk iemand wat Milo of warmsjokolade drink in die aand na ete? Wat van tee, drink Ouma dalk tee as sy kom kuier? Mmmmh en watse kossies eet julle wat warm is, wat julle eers moet blaas voor jy kan ‘n happie vat? Pasta? Sop? Mieliepap, Oats. Hou jullle van warm melkies oor julle koue pap. Ja, want dis mos koud in die oggend, dis reg. 


Comments

Popular posts from this blog

Herfs lesplan