Herfs lesplan


Vak/Subject
HOOFFOKUS / MAIN FOCUS
    Lewensvaardighede / Life Skills √
    Aanvangsleer / Beginning Knowledge
    Fisiese onderrig / Physical education
    Kreatiewe kunste / Creative arts
    Persoonlike en- sosiale welstand / Personal and social wellbeing

GEINTEGREER MET / INTEGRATED WITH
    Tale / Languages √
    Wiskunde / Mathematics
Tema/Topic
KABV KURRIKULUM / CAPS CURRICULUM:

Kwartaal 2
Aanvangskennis en persoonlike en sosiale welsyn
Herfs

*** (RSA, 2011, pp 15-65)

Graad/Grade
   R
Tyd / Time
 60min
Tipe leerder in vooruitsig gestel / Type of learner anticipated
Waardes/Values:
     Spesifiseer die verwagte verandering in gedrag / specify the anticipated change in behaviour
    
Leerders sal meer bewus wees van die seisoene. Hulle sal ook die waarde van die natuur en spesifiek herfs besef. Hulle behoort dinge met herfs te kan assosieer. Leerders sal ook meer ‘n tipe idee woorde hê van tipes bome in herfstyd.

*** (RSA, 2011, pp 5(d))

Doelwitte / Goals
       Vaardighede/Skills:
Spesifiseer die vaardighede / specify the skills

Hulle sal kan verskillende prentjies kan assosseer met herfs.
Hulle sal ook ‘n beter idee van name van verskillende bome hê.
Hulle sal ook verskillende kleure van herfsblare kan identifiseer.

Kennis/Knowledge:
     Spesifiseer die konsepte / specify the concepts  

Immergroenbome: Bome wat dwarsdeur die jaar groen bly.
Bladwisselendebome: Bome wat se blare verkleur en dan afval
Bladhoudendebome: Bome wat se blare nie verkleur of afval nie.
________________________________________________________________________________________________________
*** (DeMelendez et.al., 2000; Seefeldt et.al., 2015; RSA, 2011, p 8)

       Standaarde/Standards:
     Spesifiseer die internasionale vakstandaarde geinkorporeer / specify the international subject standards incorporated

Leerders sal kan sê wat se weer dit is byvoorbeeld: Hitte/koue, wind/reën/sneeu ens.
Hulle sal verstaan wat gebeur in die natuur soos blare wat afval
Hulle sal mense se gedrag in herfs kan identifiseer soos wat hulle eet, aantrek en doen. 

*** (DeMelendez et.al., 2000; Herczog, 2000)
Lesuitkoms/
Lesson Outcomes
Na afloop van die les behoort die leerder te kan: / After conclusion of the lesson the learner will be able to:

1.       identifiseer die weer
2.       Noem die verandering in die nattuur
3.       Wat die invloed van die seisoen op die diere is
4.       Wat mense doen, aantrek sporte wat hulle speel, speletjies, kosse wat hulle eet
*** lei die uitkomste af vanaf jou kennis, vaardighede en standaarde / derive these outcomes from your knowledge, skills and standards

Leerders met spesiale onderwys- behoeftes /
Learners with special educational needs
Moontlike hindernisse / Possible barriers

1.       Dit kan moontlik ‘n te koue dag wees en die kinders kan nie ondersoek in stel nie
2.       Tegnologie mag dalk ‘n fout op hê en dan kan jy dit nie gebruik nie
3.       Die elektrisiteit mag dalk af wees en dan val die hele les plat
4.       Kan dalk nuwe kinders in die  klas wees wat nie saam met die res Somer behandel het nie en dan sal jy dit saam jou herfs les moet behandel
5.       __________________________________________________________________________________________________________
6.       __________________________________________________________________________________________________________
Inleiding/Introduction

1.     Aanbieding in minute / Presentation in minutes:
10min

2.     Aandag kry / Gaining attention.
Eerste kan hulle vir ‘n paar minute buitekant verskillende kleure herfsblare optel en jy kan vir hulle bome met blare en bome wat se blare verloor het uitwys en vir hulle sommer dadelik sê watse name hulle gebruik. Speel ‘n oulike liedjie oor herfs tyd vir hulle en probeer die woorde vir hulle begin leer.


*** Hulpbronne gebruik / Resources used:

Nattuur


3.     Hersiening / Review:

Hersien vinnig wat seisoene nou weer is en noem die seisoene af.
Hersien somer
Dit is warm, mense dra kortmou klere
Blare in die bome is groen, daar is blommetjies hier en daar.
Mense eet roomys, slaai en waatlemoen
Mense swem en doen atletiek en speel vlugbal

*** Hulpbronne gebruik / Resources used:
Gebruik die plakate wat die kinders gemaak het toe die klas somertyd behandel het.


4.     Doelwit / Purpose
Om te verseker dat die kinders onthou wat het in die somertyd gebeur en hulle bewus maak dat as hulle oplet na die nattuur hulle interessante dinge sal raaksien. Kinders moet die oorgang tussen some en herfs kan sien en verstaan dat dit ‘n nattuurlike verskynsel is en dat mense niks daaraan kan verander nie.


5.     Voorsmakie / Anticipation (Engage; “hook”)
Die blare wat die kinders optel en die liedjie wat hulle sing sal dadelik die kindertjies se aandag trek en hulle betrokke maak by die les.

*** Hulpbronne gebruik / Resources used:
Natuur – Blare optel
Radio -die liedjie


*** (Maxim, 2014, pp 122-123)

Hoofaktiwiteite/Main Activity

1.     Aanbieding in minute / Presentation in minutes:
40 min


2.     Aanbieding van kennis en vaardighede / Presentation of knowledge and skills
Powerpoint aanbieding
Maatjies hoe voel die weer gedurende herfs? Dit is koud, maar nie so koud soos in die winter nie. As dit somer is het ons mos gesê dat ons in die somer kortmou klere en kortbroeke dra reg? So wat dink julle gaan ons dan dra as dit nie meer so warm is nie? Ja dit is reg ons gaan langer klere aantrek soos ‘n langmou hemp en ‘n langbroek. As ons na die nattuur kyk en na die blare wat julle op getel het wat dink julle het gebeur? Weet julle nie. Wat se kleur was die bome se blare in die somer? Groen? Ja dis reg. Nou watse kleur is die blare wat julle opgetel het? Bruin, rooi oranje en geel. So wat kan ons sê het gebeur? Ja die blare se kleur het verander dit is reg. Wat nog? Kon julle in die Somer sommer net blare van die grond af optel? Nie? Hoekom nie? O was dit te hoog? So wat het dan nog verander as julle nou die blare kon optel? Ja, dis reg die blare val van die bome af. Julle is sommer slim kindertjies. Maatjies het julle gesien dat party van die plantjies lyk of hulle dood gegaan het? Wel dit is ook iets wat begin gebeur in Herfs. Party plantjies vrek van die koue in die nag. Hoekom sê Juffrou die plant het gevrek en nie doodgegaan nie? ‘n Mens sê dat plante en diere vrek en mense doodgaan. Gepraat van diere wat dink julle doen die diere? Ja die diere soos slange, skerpioene en akkedisse soek ‘n warm plekkie om te slaap. So julle moet versigtig wees om julle vensters sonder gaas oop te los die tyd van die jaar. Nou nou kry julle ‘n nuwe kamermaatjie. Julle moet ook nie klippe en houtstompe optel nie. Daar kan dalk ‘n slang of skerpioen of ander giftige goggas onder dit lê. Is dit reg? Kom Juffrou vertel vir julle iets baie interessants vandag hoe weet mens as ‘n skerpioen giftig is? Hulle knypers (die voorste “pootjies” waarmee hulle diertjies vasvang is dunner en kleiner as hulle stert. So dit maak dat wanneer hulle stert waar die angel sit (waarmee hulle steek) dikker en groter is as hulle knypers, is die skerpioen giftig. As die knypers groter is vang hulle die gogga wat hulle wil eet daarmee en het hulle nie soveel gif om hulle dood te steek nie. So dit maak dat die skerpioene minder giftig of glad nie giftig is nie. Wat is warm goed wat mens kan drink in die herfstyd. Wat drink julle in die oggend? Koffie? Ja, is daar dalk iemand wat Milo of warmsjokolade drink in die aand na ete? Wat van tee, drink Ouma dalk tee as sy kom kuier? Mmmmh en watse kossies eet julle wat warm is, wat julle eers moet blaas voor jy kan ‘n happie vat? Pasta? Sop? Mieliepap, Oats. Hou jullle van warm melkies oor julle koue pap. Ja, want dis mos koud in die oggend, dis reg. 

*** Hulpbronne gebruik / Resources used:
 Laptop/rekenaar
Witbord (Powerpoint)
Projekter
______________________________________________________________________________________________________________________
3.     Aktiwiteit deur leerders oor kennis en vaardighede / Activity for the learners about knowledge and skills (Explore, Explain):
Leerders sal voortgaan op die plakkaat wat hulle begin het oor die seisoene. Hulle sal tussen ‘n verskeidenheid prentjies moet besluit watter by Herfs pas en dit op die regte plek plak. Somer is reeds behandel so dit sal sommer as goeie hersiening dien vir die kinders

*** Hulpbronne gebruik / Resources used:
Tydskrifte
Internet
Koerante

4.     Hersiening en terugvoer / Review and feedback  (Elaborate)
As die kinders die regte prente van die  seisoen Herfs kan uitsoek en identifiseer, weet jy die kinders verstaan die idee.


*** (Maxim, 2014, pp 122-123)




Afsluiting/Conclusion

1.     Aanbieding in minute / Presentation in minutes:
10 min

2.     Assessering / Assessment (Evaluate)
Gebruik ‘n interaktiewe witbord met baie prentjies van verskillende seisoene. Laat die kinders die prentjies in twee kolomme deel. Herfstyd en nie Herfstyd. As die kinders die prentjies ongeveer die prentjies op die regte plekke kan verdeel dan weet jy die kinders het mooi geluister en verstaan. Of aan die ander kant behoort die plakkaat wat hulle maak reeds ‘n goeie aanduiding te wees hoe goed hulle idee van herfs is.

*** Hulpbronne gebruik / Resources used:
Plakkaat – internet, huisgenoot, koetrante
Intetaktiewe witbord
Internet

5.     Aanbieding van aktiwiteit op ander wyse -- LSOB / Present activity another way -- LSEN (Elaborate):
Die les kan begin deur vir die kinders te vra wat hulle buitekant sien. Wat hulle eet en onder hoeveel komberse hulle slaap. Vra hulle watse kleure hulle buite sien. As jy rekenaar toegang het tot ‘n oulike video vir die kinders wys wat herfs baie mooi beskryf. Jy kan tussen deur die video maklik stop en vir hulle tussens deur iets ekstra sê of meer verduidelik en jy kan selfs die kinders vragies vra en hulle vragies antwoord.

*** Hulpbronne gebruik / Resources used:
Rekenaar/laptop
Projektor
Witbord

3.     Afsluiting en oordrag / Closing and transfer
Herhaal die liedjie van die inleiding ter vaslegging.



*** (Maxim, 2014, pp 122-123)


Comments

Popular posts from this blog

Lesplan verloop